Huis te Koop in Albertinia
Ideal vir n beginner of n kleiner gesin
Hierdie netjiese en goed onderhoude huis bied 2 slaapkamers, beide met ingeboude kaste. Die hoofslaapkamer het sy eie privaat en suite-badkamer, terwyl 'n tweede badkamer die res van die huis bedien.
Die gemaklike sitkamer maak oop deur skuifdeure na 'n lieflike patio-area met ingeboude braai - perfek om te ontspan of gaste te onthaal. Die kombuis is funksioneel en goed uitgelê, en daar is 'n gerieflike gangkas vir ekstra berging.
Bykomende kenmerke sluit in 'n enkelmotorhuis en 'n pragtig onderhoude tuin wat bydra tot die algehele aantrekkingskrag van die eiendom.
Pluspunt: Besigheids regte
Kontak my gerus vir besigtiging of enige ander inligting.